Read Suurlemoen! by Jaco Jacobs Free Online


Ebook Suurlemoen! by Jaco Jacobs read! Book Title: Suurlemoen!
The author of the book: Jaco Jacobs
Edition: Lapa
Format files: PDF
The size of the: 787 KB
City - Country: No data
Date of issue: 2008
ISBN: 0799338265
ISBN 13: 9780799338263
Language: English
Loaded: 1234 times
Reader ratings: 7.8

Read full description of the books:



‘n Voorgeskrewe werk vir Afrikaans op skoolvlak (asook Afrikaans 101, dus my rede vir keuse), met ‘n kom-ons-laat-die-boek-cool-lyk ontwerp en ‘n het-al-gehoor storielyn. Tog het Suurlemoen! my aangenaam verras en my daar in laat slaag om nie net die verhaal vermaaklik te vind nie maar ook telkemale hardop te lag.

Arme Tiaan Fourie wil net ‘n gewone lewe lei sonder om te veel aandag te trek. Met ‘n vriend soos Zane is dit egter vêr van moontlik. Na ‘n petalje met ‘n lipstiffie, ‘n Mozart-beeldjie en ‘n oorentoesiastiese musiekonderwyser, bevind hy homself skielik in ‘n band saammet ‘n baie mooi meisie en lirieke oor limonade.

Soos reeds gesê voel die storie-idee effe afgesaag (Wie het nog nie ‘n fliek gesien oor hoërskoolkinders wat ‘n band begin en aan ‘n kompetisie deelneem nie?), maar tog slaag dit daarin om vars genoeg voor te kom om die aandag te trek. Die storie word aangebied met alles van gewone teks tot post-it notes, skoolseun skribbelinge, masking tape en foto’s. Ek dink dit dien as wonderlike motivering vir minder gretige lesers en doen wondere om die aandag te hou. Kinders wil tog nie ‘n verhaal lees wat vervelig lyk nie. Verder is dit ‘n bonus dat die storie in Afrikaans neergepen is. Meeste Afrikaanse kinders voel nogsteeds gemakliker daarmee om stories in hulle eie taal te lees, aldan cliché of nie.

Suurlemoen! se taalgebruik sal natuurlik by menigte onder bespreking kom. Die teks is vryelik geskryf soos wat die karakters sou praat – hulle tik woorde onderstebo op ‘n calculator en drink lemonade in pleks van limonade. Alhoewel hierdie storie maklik en natuurlik gaan lees (vir jonger lesers altans), moenie hoop dat dit enige woordeskatopknapping gaan doen nie. Maar, ten minste gaan dit tieners aan die lees kry; en soms is die storie dalk meer werd as die taalgebruik.

Al bevat hierdie boek die gewone oordrewendheid (“Zane het in sy sestien jaar op aarde al meer liefdesteleurstellings gehad as wat Vind Diesel push-ups gedoen het.”), suursappigheid en emosionele wispelturigheid van tipiese tienerliteratuur (en –karakters), het die storie tog my aandag geboei. Daar was selfs ‘n paar werklike “diep” oomblikke. My gunsteling aspek van die verhaal was die suurlemoentema wat skitterend deurgetrek is.

“My hart is ‘n suurlemoen ... en jy is suiker ... Kom ons maak lemonade! “

‘n Vermaaklike, inspirerende en verfrissende lees vir almal so rondom 10-14 jaar (gee of neem ‘n paar) wat ‘n bietjie suur voel!


Download Suurlemoen! PDF Suurlemoen! PDF
Download Suurlemoen! ERUB Suurlemoen! PDF
Download Suurlemoen! DOC Suurlemoen! PDF
Download Suurlemoen! TXT Suurlemoen! PDF



Read information about the author

Ebook Suurlemoen! read Online! Jaco is op ’n klein Karoodorpie met die naam Carnarvon gebore. Hy was net sewe jaar oud toe hy al sy eerste storie geskryf en geïllustreer het (maar hy sê dit was so simpel dat nie eens sy ma en pa dit wou lees nie). Hy was sy hele skoolloopbaan in die Hoërskool Carnarvon, en in matriek was hy hoofseun (van ’n klas van net 14 matrieks!). Ná skool het hy B.A. Kommunikasiekunde en sy honneurs in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, voordat hy by Volksblad in Bloemfontein begin werk het, onder meer as redakteur van JIP. Deesdae is hy uitgewer van kinder- en jeugboeke by LAPA Uitgewers. Hy het sy eerste boek, Pretpark, reeds aan die einde van matriek geskryf (hoewel dit eers heelwat later gepubliseer is). Sy eerste boek wat verskyn het, was Troetelgedrog (2001). Sedertdien het hy al meer as sestig boeke vir kleuters, kinders en jong volwassenes geskryf. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, en twee honde, Pippie en Binki.


Reviews of the Suurlemoen!


OLLIE

I never liked the book.

LUKE

A book that leaves a whole bunch of emotions after reading

ELLIE

There are significant drawbacks

DYLAN

Best in Books

ISOBEL

He does not stop applaud author and his works.




Add a comment




Download EBOOK Suurlemoen! by Jaco Jacobs Online free

PDF: suurlemoen.pdf Suurlemoen! PDF
ERUB: suurlemoen.epub Suurlemoen! ERUB
DOC: suurlemoen.doc Suurlemoen! DOC
TXT: suurlemoen.txt Suurlemoen! TXT